Hanteer Skeidingsangs

Vra jouself die volgende vrae:

  • Het daar enige veranderinge in sy/haar roetine of omgewing plaasgevind?
  • Het hy/sy enige trauma ervaar?
  • Is daar enige konflik of spanning in die gesin?
  • Voel hy/sy veilig en versorg?

Raad vir die hantering van skeidingsangs:

  • Wees GEDULDIG met jou kind.
  • Stuur ‘n GELIEFDE ITEM saam skool toe.
  • BEREI hom/haar VOOR wat om deur die dag te verwag: wat word beplan vir die dag en wanneer hy/sy jou weer gaan sien.
  • Moet nooit loop sonder om te GROET nie, maar hou dit kort. Stel hom/haar gerus dat jy gaan terugkom.  
  • Behou ROETINE.
  • Kry professionele HULP indien nodig.

Wietske Boon:  Spelterapeut, www.childtherapist.co.zawietske@childtherapist.co.za

Close Menu