Vloerstuipe, vloermoere, tantrums… enige ma van 'n 2-jarige sal presies weet watter horries dit mens kan gee. Hier's 'n blitsgids om te oorleef. Dis ’n toneeltjie wat jy maar alte goed ken: Jou kleuter is verveeld, moeg, knorrig en maak gereed om die moeder van alle vloermoere te gooi terwyl jy in die winkeltou /restaurant /wagkamer …
Om ’n goeie Kleuterskool te kies kan ’n uitdaging wees. ‘n Kleuterskool is ’n skool vir kinders tussen die ouderdom van twee tot vyf jaar. Baie kleuterskole bied ook graad R(voorbereidingsjaar) aan, hoewel dit ook in 'n laerskool deurloop kan word. Sommige kleuterskole bied ook 'n gebalanseerde ontbyt en middagete vir die kinders aan. Die …
Dit is ʼn toestand wat by kinders sowel as volwassenes voorkom, gekenmerk deur simptome van aandagafleibaarheid, impulsiwiteit en hiperaktiwiteit. Wat is dit? ADHD is ʼn versteuring wat gekenmerk word deur ʼn aanhoudende patroon van onoplettendheid of hiperaktiwiteit-impulsiwiteit. Die term word dikwels wisselend met Aandaggebreksindroom (ADD) gebruik, met die wesenlike verskil dat ADD nie die simptoom …
Om jou kind dokter toe te neem is nooit maklik nie. Hier is ‘n paar wenke om jou kinders voor te berei vir ‘n besoek aan die dokter.   1.  Vertel hulle WAARHEEN julle gaan en WAAROM. 2.  Vertel hulle wat die dokter gaan DOEN. 3.  Laat hulle ‘n SPEELDING saam neem vir bekendheid en gemak. 4.  Bly KALM; as jy angstig is gaan hulle ook ongemaklik raak. 5.  BLY NABY jou kind. …
Dit is ‘n vraag wat dikwels by ouers opkom.  Die Gr R kind BEHOORT NOG NIE te leer lees nie, maar sommige kinders begin tekens toon van belangstelling. Vir kinders om gereed te wees om met gemak te kan leer lees behoort hulle: Die taal waarin hulle gaan lees met gemak te PRAAT en te verstaan;Oor ‘n goeie WOORDESKAT te …
Kinders wat ontbyt eet, het meer energie, neem aan meer fisiese aktiwiteite deel, konsentreer beter en eet oor die algemeen gesonder. Ontbyt gee jou kind se metabolisme ‘n hupstoot. Ontbyt help dus om ‘n gesonde liggaamsmassa te handhaaf. Sonder die korrekte ontbyt kan kinders meer geirriteerd, rusteloos en moeg wees.  Dit is nie net belangrik om seker te maak jou kind …
Met my kennis as ‘n mond higiënis was dit my eie ondervindings tuis wat my laat besef het dat alles nie so maklik is soos die boek aanbeveel nie, dus gee ek graag vir julle ‘n paar riglyne om gesonde tande by jou kleinding te verseker. My algemene tydlyn en riglyn om kinders se tande te versorg strek van geboorte …
Met al die tegnologie tot ons beskikking, wordkinders al hoe meer visueel gestimuleer en hoef hulle minder op hulleluistervaardighede staat te maak. Swak luistervaardighede beïnvloed 'n kind seaanleer van taal en klanke. Dit beïnvloed dus ook die kind se lees en spelling.Die volgende aktiwiteite help om luistervaardighede te ontwikkel:- Lees elke aand vir jou kind …
Die volgende lys maak melding van 'n paar kindersiektes. AsmaBrongitisDuitse MaselsFurunkulose (bloedvinte)Karkatjie Konjunktivitis (seeroë)Kroep (laringitis)LuiseMaselsOmloop (douwurm)Oorpyn (middeloorontsteking)PampoentjiesPienkoogSkarlakenkoorsWaterpokkiesWurms Asma Oorsaak: Allergie vir vreemde stowwe of infeksie van die lugweë.  Verskyning: Wanneer die lugweë deur 'n veroorsakende stof geprikkel word, of wanneer daar 'n skielike wending intree in die lugtemperatuur en -vogtigheid.  Simptome: Taai slymafskeiding in die lugpype; hortende en fluitende asemhaling; krampagtige hoesbuie,  benoudheid; angs. Aanvalle kom veral snags voor wanneer …
Hierdie vorm van gedrag laat ouers dikwels skrik, veral wanneer jou kind die byter is. Maar tog is hierdie gedrag baie algemeen onder jong kinders, en is daar verseker ’n paar maniere vir ouers en klasopvoeders om hierdie gedrag te hanteer. Waarom doen kinders dit? Wanneer ’n kind byt, is hy eintlik besig om te eksperimenteer. Baba’s …
Close Menu